Archive for the ‘5 – Afrikaans’ Category
RIP Andre P Brink
“Dis nie net die dooies wat in jou inweek en deel van jou word nie: dis almal, elke enkele een met wie jy ‘n entjie pad saamreis; elkeen gee af aan jou, jy aan hulle. Nooit is dit net jy en jy alleen nie. Nooit gebeur iets net NOU nie. Altyd sleep dit slierte saam. Altyd suig dit by voorbaat al die toekoms in.”
― André Brink
We will keep reading.
Non Compos Mentis
Wereld,
my wereld.
met jou klein grys rondom wolke doppie
hou jy my in
my wereldtjie klein
vou jy my toe
tussen geboue en mense
druk jy my kleiner
tot jy grys
ongesien
jou arms
stadig
om my nek
vou
en my keel
begin
toe
druk
tot
ek
snak
na
asem
Vriend van my vriend se vriend.
Luister, vriend van my vriend se vriend
Kom ons loop saam
oor paaie
met klippe en sand
kom, vertel my,
terwyl ons lekker lag
strompel en struikel,
My donder, My God,
wat maak ons hier?
Nee man wag
kom ons sit,
kom ons praat nou net
lekker
‘n hond uit ‘n bos,
voor more ons weer kom vang
en vorentoe sleur.
net gou-gou nou,
net hier.
Kom nou, vriend,
nou.
A party.
Skuins-skaam stappies, grasgroen voete, komberse en flikkerende kerse;
skaterlag deur bome, struike en velde, koue flesse en aangee kelkies;
onbekende blikke, ‘n sagte nuwe streling,
dronk-dronk grappies en lang gesprekke;
hoe hakke, lang hare, kaal skouers en ronde borste,
foto’s van gesigte onder ligte,
en later,
baie later,
sluip ek oor dou-nat gras, skoene in my hand,
my eie lewe saggies terug binne.
(CDV, somewhere in Lochristi on a saturday night, 05.06.10)
Gedroggie
Ek dra jou
gedroggie
met half droë hare
wapperend teen die wind
terwyl sand storms
oor eindelose vlaktes raas
en jou kop
lol teen my bors
trane
sout op my wange
terwyl ek jou dra,
terwyl ek jou dra.
Verbatim: woorde van die Bosparra span.
Hallo,
Sodra ons weer aan is sal ons jou mail. Vir nou, chill, braai en gaan sny miskien die gras.
Groete,
Die Bosparra span
(out-of-office reply received from South African website team)
Ek droom
ek luister
na rede en logika
om te bly waar ek is
en te mis wat ek mis
ek dink
elke dag na
oor wat ek wil
en wat net nie
ek wens
en verlang
en verlang
na stofferige vlaktes
en tolbossies wat spook oor my pad
na stormbranders se wit geraas
en somerse sandstorms teen my voete
ek droom
en verlang
en verlang
na die suid-ooster se gehuil
na die sop van wolke oor Tafelberg
na de weskus se vlaktes
en Adderleystraat se blomme,
na die toi-toi van kinders
en ‘n braaivleis se vuur op kersfees
ek droom
en verlang
en verlang.
Vir Jou. (Gedig vir my ouma)
Hier staan ek nou,
en jy le daar
sonder ons blikke en sonder ons grappe…
Hier staan ek nou,
en jy le daar
sonder ons knuffels en soentjies,
sonder ons saam stap en koffie drink uurkies…
Hier staan ek nou,
en jy le daar,
sonder ons Afrika herrineringe en klein-wees stories,
sonder ons lekker wegdroom-lag en wonder oor wat was…
Hier staan ek nou,
sonder jou oe op my
sonder jou vingers in my hand
sonder ons saamwees vrede stilte
Hier staan ek nou,
so moedersiel alleen
sonder jou.
Voor Meme
Florauna
Ek wil vir jou ‘n gewelhuisie bou
in die boland van my hart
met ‘n peerboom in die tuin
en vaatjies wyn in die kombuis
en ‘n tuinhekkie met krulle
en boekrakke met sartre.
ek wil vir jou ‘n gewelhuisie bou
in my onderkaap van smart
met skepe in die hawe
en donssaad op die berg
en jy, in lewende lywe
op die stoep, in jou kombers
in die winterboland van my hart.
– Koos Kombuis –
(gedicht voor mijn liefste meme, 12.08.1915 – 22.09.2006)